Die verwaarloosde Karooplaas wat Liabelle gekoop het, is die verwesenliking van ’n droom, maar sy loop haar vas teen Arend, wat ook die grond wil hê. ’n Vergete familieportret in die plaashuis inspireer haar om die plek tot sy eertydse glorie te herstel.
Op Dwarreldraai is alles egter nie pluis nie. Waarom is Gerhard en Arend aartsvyande, hoekom wil Arend die plaas terughê, en wat het regtig gebeur die dag toe Thereze dood is?
Liabelle raak hopeloos verlief op Arend, al baklei hulle soms soos kat en hond. Maar hy en Veronique raak binnekort verloof en sy besef haar kans om sy hart te wen is ’n ronde nul.
Of misgis sy haar dalk?