N Goeie Jaar Vir Rose

Download N Goeie Jaar Vir Rose PDF/ePub or read online books in Mobi eBooks. Click Download or Read Online button to get N Goeie Jaar Vir Rose book now. This website allows unlimited access to, at the time of writing, more than 1.5 million titles, including hundreds of thousands of titles in various foreign languages.
’n Goeie jaar vir rose

Author: Santie van der Merwe
language: af
Publisher: Penguin Random House South Africa
Release Date: 2019-09-01
Neil keer terug van Australië om totsiens te sê aan sy sterwende pa en om sy ma te ondersteun, maar sy sterf onverwags. Dit is net sy pa, sy neef se tienerdogter en ’n familievriend wat op hom wag.
Die ontferming (eBoek)

Author: Beverly Lewis
language: af
Publisher: Christelike Uitgewersmpy
Release Date: 2012-04-30
DIE ONTFERMING, die derde boek in die meesleurende DIE ROSE-TRILOGIE, begin met twee susters se begeerte na ’n nuwe begin. Rose verlang steeds na Nick Franco, die biskop se pleegseun wat die gemeenskap onder vreemde omstandighede verlaat het. Sy rebellie het daartoe gelei dat die geliefde biskop ontslaan is uit sy amp. Maar is Nick regtig so rebels soos wat hy voorgee? Intussen bly Rose se suster, Hen, steeds in haar ouers se Dawdi Haus en versorg sy haar vervreemde Engelse man. Kan hulle huwelik herstel? Is daar ’n middeweg vir ’n vrou wat weer smag na haar Amish-wortels en -tradisies en ’n moderne man wat niks daarmee te doen wil hê nie? DIE ONTFERMING is ’n pragtige slot vir Rose en Hen se verhale en ’n kragtige bewys dat die liefde altyd seëvier.
Rose vir Roselle

Author: Rosita Oberholster
language: af
Publisher: Penguin Random House South Africa
Release Date: 2018-01-01
’n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie. Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter gevolge wat haar nie toelaat om daardie deel van haar lewe as afgehandel te beskou nie. Terug hier op La Roseraie lyk dit ook nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie, nie meer nie, in elk geval. Droogte het sy tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie. Boonop het haar tantes ’n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie eens ’n bietjie nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? En veral, wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra. Om vorentoe te boer sal sy die swerwer se hulp nodig hê en sy dood voor sy hom vra. Sy sal self hier moet trou as sy van La Roseraie ’n venue wil maak, spot sy.