Emily Williams is die ruggraat van die Steely Sisters. Koel, professioneel en nooit emosioneel nie. Sy het wel een swak plek: Louis Smith, haar hoërskoolliefde en die eienaar van ’n kroeg in haar tuisdorp. Die nuwe jaar begin nie goed vir Emily nie. Haar halfbroer en beste vriendin raak verloof en sy moet help troue reël terwyl hulle aan hul nuwe album werk, daar is ’n pragtige vrou van New York aan Louis se sy en haar ma is op die punt om ʼn smerige biegboek oor Emily se verlede te publiseer. Louis het sy eie probleme, maar die grootste een is dat hy steeds hopeloos verlief op Emily-die-ysprinses is.
Hart van Ys
ISBN: 0639605877
ISBN 13: 9780639605876
Publication Date: February 01, 2021
Publisher: Romanza
Pages: 166
Author: Didi Potgieter