Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van ’n ekskollega begin ondersoek, is dit vinnig duidelik dat hier veel meer as net ’n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Van die ongenadige Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers, Afrika-curio’s en luukse lodges; tussen ’n verslonsde Bolandse hoewe met ’n grieselige dam vol visse en die glans-en-skanswêreld van internasionale diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi se vrou is visvoer.
Maar vir Kassie is dalk die belangrikste van als: sal sy onskatbaar waardevolle seëls die aardbewings oorleef daar waar hulle ver oor die wêreld swerf?
Rudie van Rensburg doen dit weer in sy vierde Kassie Kasselman-roman
Pirana
ISBN: 0795801580
ISBN 13: 9780795801587
Publication Date: May, 2016
Publisher: Queillerie Publishers (Pty) Ltd
Pages: 322
Format: Paperback
Authors: Rudie van Rensburg, Karin Schimke