Sy het haar identiteit van haar voel weggly - haar bestaan sien versplinter tot leegheid. Sy was bang vir die lang spieël wat haar uitgelig het uit die vaal landskap van haar bestaan en weg van haar moeder ...
Sy het altyd geweet dit kon gebeur en sy het die dag gevrees dat dit wel sou plaasvind - dat sy in die spieël sou kyk maar haarself nie daarin sou sien nie.
Sy wou die spieël met 'n kleed toedek, maar ook dié kon sy nie - want sy moes daarin kyk om haar hare netjies te hou. Met haar vrees moes sy saamleef!
En toe het daardie vreeslike dag aangebreek! Sy het in die spieël gekyk, haar gesig teen die glas gedruk maar daar was niks - heeltemal niks! Was dit die einde van haar splinterwêreld waar sin, waansin, werklikheid en hallusinasie in so 'n warspul vermeng was dat sy nie langer die skimbeeld van die werklikheid kon onderskei nie? Van niks van Johanna meer seker nie - net van haar haat vir haar tirannieke moeder. Maar dit was 'n frustrerende haat omdat die vrou wat sy verafsku het tegelyk oor die enigest vasigheid in haar lewe was.
Splinterpel is die aangrypende tragiese verhaal van die geestelike versplintering van 'n jong vrou soos deur haarself ertel en iets verfissend nuuts in die Afrikaanse verhaalkuns.
Splinterspel
ISBN: 0628004397
Publication Date: 1973
Publisher: Perskor
Pages: 163
Format: Hardcover
Author: Eleanor Baker